"There are no mistakes, just unique brush strokes"

Ons Storie

Ek is al 8 jaar in die kuns bedryf en nogsteeds sit elke kunswerk ‘n glimlag op my gesig. Met geen formele onderrig nie, is ek baie trots op hoe Quinzelle Kunsklas gegroei het.

Dit het alles begin by ‘n struikelblok in my lewe. Waar alles in “wit en swart” voorgekom het. Of altans tot ek vir die eerste keer ‘n verfkwas in my hand vasgehou het. Daarna het die lewe in die helderste kleure voorgekom.

My ervaring met kuns is dat elke struikel in die lewe, opgehelder kan word met ‘n kwas en verf. En wat beter as om daai stukkie helder oor te dra na ander.

20230720_121218

Resensies

Ek wou nog altyd leer van olieverf. Wat ‘n stunning oggend met my moeder en my sussie. Dankie Quinzelle ons het dit so baie geniet. 

– Jeanine Kriek

Ek kan regtig vir Quinzelle aanbeveel. Haar aanbieding is baie goed en sy gee spesiale aandag aan elkeen en ondersteun elkeen se eie tegniek terwyl sy raad gee hoe om jou tegniek te verbeter. 

– Christa Steyn

By Quinzelle kan jy nie verkeerd verf nie, maak ‘n gemors en sy dink dis heerlik en dan maak ons net n groter gemors en sie daar, ‘n meesterstuk. 

– Maryke Fourie

Kontak Ons

20240130_120928

Naam: Quinzelle Nel
Adres: 1384 Collins Avenue, Pretoria
Kontaknommer: 082 927 1918
Email: qa.sass@gmail.com